Welkom by Slim Bemarking, die tuiste van Helena Zwarts, selfgemaakte entrepreneur en digitale bemarkingskenner. Sedert 2009 het Helena haar lewe gewy aan die bemagtiging van mede-entrepreneurs deur die ontwikkeling en instandhouding van hul webwerwe, die bestuur van sosiale media, en die bemeestering van SEO. Haar unieke talent lê in haar reaksie vermoë en toewyding om altyd die ekstra myl te stap, wat verseker dat dienste bekostigbaar is sonder om kwaliteit prys te gee.
Helena se passie vir kennisdeling het gelei tot die skepping van ‘n eksklusiewe aanlynprogram, spesifiek vir Afrikaanssprekende entrepreneurs. Hierdie baanbrekende program het ontstaan uit ‘n merkbare leemte in die mark en ‘n persoonlike begeerte om digitale bemarking toeganklik te maak vir diegene wat moontlik nie die middele het vir duur agentskap ondersteuning nie.
Onder haar mees noemenswaardige prestasies is die ontwikkeling van ‘n op maat gekodeerde e-handelswebwerf vir ‘n boer (genereer ongeveer $24 000/m), wat haar tegniese vaardigheid ten toon stel. Sy het ook haar SEO kundigheid bewys deur ‘n kliënt se webwerf na die boonste posisie op Google te neem.
Met ‘n skuif na sosiale media strategieë, het Helena se eie Facebook bemarkingspogings indrukwekkende resultate behaal, met 1000 geteikende bladsy-aanhangers binne 35 dae en die groei van ‘n betrokke e-poslys van 2000 Afrikaanssprekende individue in net meer as ‘n maand.
Onlangs het Helena se bekwaamheid weer eens geblyk deur indrukwekkende organiese groei op sosiale media te bewerkstellig. In een week het die Facebook plasings se indrukke met 169,3% gestyg, van 1,6k tot 4,3k indrukke. Op Instagram het plasings se indrukke met 56,1% toegeneem, van 82 tot 128 indrukke in dieselfde tydperk.
Helena se kombinasie van tegniese vaardigheid, strategiese denke, en opregte toewyding aan haar gemeenskap maak haar ‘n ongeëwenaarde gids vir enige Afrikaanse entrepreneur wat die digitale bemarkingslandskap met selfvertroue en sukses wil navigeer.
Jou Pad na Digitale Sukses
Voel jy oorweldig en bestee jy te veel tyd aan digitale bemarking? Stry jy met ‘n gebrek aan tegniese kennis, en veroorsaak die oorvloed aan digitale bemarkingsopsies verwarring? Voeg ROI, inhoud skepping, en ‘n ongedefinieerde teikengroep tot die frustrasie by, en dit raak maklik om moed op te gee.
Elke individu het ‘n diep begeerte om te groei, nie net op besigheidsvlak nie, maar ook as ‘n individu. My motivering en passie lê daarin om mense te help. Ek put vreugde daaruit wanneer ek die helder lig in iemand se oë sien opvlam en hulle ‘n “WOW”-oomblik ervaar. Ek deel maklike en praktiese stappe wat nie net doeltreffend is nie, maar ook ‘n skuif in denke bewerkstellig.
Slim Bemarking: Jou Eenstop Hulpbron
Slim Bemarking bied ‘n unieke eenstop digitale bemarking hulpbron, spesifiek vir Afrikaanse besigheidslui. Ek bring die wêreld van digitale bemarking na jou toe sonder die onnodige tegniese terme.
Hierdie program is uniek! Dit is nie net ‘n aanlyn selfstudie waar jy maar self moet opsnork nie! Ek is elke tree van die pad met jou. Bo en behalwe die program materiaal, het jy toegang tot my kundigheid. Elke week beantwoord ek tydens ‘n Zoom sessie enige vrae wat jy mag hê en in die vrae afdeling in die Facebook groep gevra het.
Daar is ook elke maand vier opleidingsessies waar ek spesifieke vrae hanteer wat deur meer as een persoon geopper is en waar daar onduidelikheid bestaan oor hoe om dit te implementeer.
Geen Verskonings Meer
Jy het geen verskoning nie. Jy kan jou eie sosiale media bemarking die beste doen want jy praat met ‘n unieke stem. Jy sal met selfvertroue en sonder stres my oorkoepelende digitale bemarking strategie kan implementeer, data-insigte verstaan, doeltreffende bemarkingsbesluite neem, en met gesag daaroor kommunikeer.
Kies die Woema Facebook Bemarking Program — waar bemarking ‘n integrale, verstaanbare en aangename deel van jou besigheid word. Dit gaan nie net oor Facebook advertensies nie; dit gaan oor die ontsluiting van die volle potensiaal van jou besigheid met elke plasing, elke veldtog, en elke besluit wat met duidelikheid en selfvertroue geneem word.